Skip to content

Welkom by PUGN – Piet Uys Goeie Nuus

Waar hoop en inspirasie elke keer tuis is. Kom ons deel ‘n positiewe boodskap!

Affiliasies en Aanbevelings

Kuiskyk Tv

Piet se inspirerende boodskappe word die afgelope twee jaar op Kruiskyk TV uitgesaai, wat kykers versterk en geloofswaarhede oordra.

Besoek Kruiskyk TV

Fountain Of Life Harrismith

Fountain of Life Harrismith is die gemeente waar ons span dien, en Piet lewer soms inspirerende dienste hier om geloof te versterk.

Besoek Fountain of Life

Maluti FM

Piet het vir twee jaar op Maluti FM se Lig op die Lug-radioprogram uitgesaai, waar hy luisteraars met geloofsinspirasie bemoedig het.

Besoek Maluti FM

Angus, ’n familievriend, vertel ons oor sy waardering vir Piet en Linda se werk.

Evangelie

Die Evangelie is die Goeie Nuus van Jesus Christus se liefde en genade – die geskenk van God deur Jesus se sterwe en opstanding wat ons verlossing bring. Dit is ons missie om hierdie kosbare waarheid te versprei en ander te inspireer met die krag en hoop wat die Evangelie aan ons almal bied.

Geestelike Groei

Geestelike Groei is die proses van ’n dieper verhouding met God en sterker geloof. Ons is toegewyd om almal wat belangstel te help om geestelik te groei deur die Goeie Nuus van Jesus Christus, wat leiding, bemoediging en inspirasie bring vir ’n vervulde lewe geanker in geloof.

Verbindingspunt

Ons webwerf is die verbindingspunt vir al ons gratis internetkanale, soos YouTube, Facebook en X. Deur hierdie kragtige sosiale platforms, en met julle deelname deur ons skakels te deel, help ons om die Goeie Nuus wyd en ver te versprei en sodoende meer mense met die Evangelie te bereik.

Persoonlike Ervarings

Ek het gesukkel om rigting in my geloof te vind, maar Pastoor Piet Uys se daaglikse leerstellings het vir my duidelikheid en hernude doel gegee. Dankie, dat jy God se Woord met ons deel.

— Andre
08 Anon

Die bybel is vol liefdes briefies wat die Here vir ons geskryf het. Oom Piet se bybelstudies het my baie dinge geleer wat ek nogi geweet het ni en verduidelik versies van die bybel.

— A

Oom Piet se boodskappe is altyd vol inspirasie en wysheid gelei deur die Heilige Gees. Sy liefde vir Jesus straal helder in alles wat hy deel.Mag ons sy voorbeeld volg.

— Dillon
10 Susan De Beer

Piet’s TV program, where his friendly face and comforting voice bring Truth and Encouragement straight from the Word of GOD, makes him feel like a friend.

— Susan
11 Sanette

Ek geniet die daaglikse boodskappe dit bou my en maak my sterker in my geloof. Ons Almagtige Vader gebruik oom Piet met sy groot liefde vir God en sy woord om ander na Hom toe te bring.

— Sanette
L1 Johannie

Linda: Dankie vriendin…so inspirerende boodskap!!!🙏🙏😃♥️♥️♥️

— Johannie

Potgooi

By die Goeie Nuus Potgooi bied ons geloofsversterkende episodes wat die hart van die evangelie verken. Ons dek temas soos die lewe, kruisiging, en opstanding van Jesus, asook bekering, doop en die vervulling met die Heilige Gees. Elkeen van hierdie potgooie is geskep om jou verhouding met die Here te verdiep en hoop en insig te bring op jou geestelike pad. Sluit gerus aan en ontdek die diepte van God se liefde en waarheid in elke boodskap!

Piet Uys Goeie Nuus
Piet Uys Goeie Nuus
God die Heilige Gees en Sy Magtige Leiding – Ep6
Loading
/

leiding van die Heilige Gees Ep5
Piet Uys Goeie Nuus
Die Leiding van die Heilige Gees – Ep5
Loading
/

Sluit by Ons aan op Sosiale Media