Skip to content

Kinders van God

    Die goeie nuus is dat Jesus in die wêreld ingekom het om sondaars te red.

    Vraag: 

    Wat beteken dit om ‘n kind van God te wees, en hoe verander dit my lewe?

    Die wedergeboorte

    Deur een geboorte het jy in die wêreld gekom, en deur jou tweede geboorte is jy nog in die wêreld, maar nie van die wêreld nie. So deur die tweede geboorte word jy ‘n nuwe mens, en dié mens is uit God gebore.

    Die ander een was uit die vlees gebore (Johannes 3:6).
    En God wil hê ons moet kan leef soos Jesus op die aarde geleef het. Jesus is die weg na die Vader toe, en daarom is die weg na die Here toe oopgemaak. Hebreërs 2:11–12 wys dat Jesus nie skaam is om mense wat in Hom glo, “broers” te noem nie. Daarom kan ons sê dat ons kinders van God is.

    Jesus is ons Verlosser, maar ook ons oudste Broer. Soos in 1 Johannes 3:1:
    “Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word!”
    En dan in Galasiërs 4:6 staan daar: “Abba Vader” — “Abba” is ‘n Aramese woord vir “Vader”, wat ’n warm en vertroulike verhouding aandui, soortgelyk aan “Pappa”.

    ’n Verhouding met God, ons Vader

    Voor Jesus se kruisiging was toegang tot God beperk, maar nou, deur Christus, is ‘n direkte en persoonlike verhouding met die Vader oopgemaak. Ons het net ‘n aardse vader gehad, en hy staan nie in die waarheid nie. Hy kom om te steel, te slag en te verwoes, soos in Johannes 10:10. Die duiwel wil nie hê dat ek en jy hierdie lewe moet hê waarvoor Jesus betaal het nie.

    Dit is ‘n ongelooflike groot ding wat daardie dag aan die kruis gebeur het, met die kruisiging en die opstanding. Wat daar gebeur het, kan geen mens besef nie, behalwe deur die Heilige Gees. En dit is deur God die Vader ingestel, en NIEMAND kan dit belemmer nie.

    Deur Jesus is ons in so ’n verhouding gestel met die Vader dat Kolossense 1:21–22 sê ons is blaamloos en vlekkeloos voor die Vader. En as Hy ons blaamloos verklaar het, wat kan enigiemand anders doen om dit oneffektief te maak?

    Miskien vra jy: “As ek dan so vlekkeloos en blaamloos is, hoekom leef ek nie daai lewe nie?”
    En dit is die ding. Ek en jy moet tot ’n kennis van die waarheid kom. Jesus sê: “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Die waarheid wat ons moet leer ken, is die nuwe verhouding met die Vader wat moontlik gemaak is deur Jesus Christus.

    God, Jesus en die Heilige Gees

    God die Vader, Jesus ons Verlosser, en die Heilige Gees is ons Berader, ons Trooster — die Heilige Gees as ons eie persoonlike afrigter.

    Jesus het gesê dit is voordelig dat Hy weggaan, want as Hy weggaan, gaan die Trooster kom. En die Trooster leer ons en lei ons in die volle waarheid. Want ek en jy ken nie die waarheid nie.

    In Johannes 17:3 sê Jesus: “Dit is die ewige lewe — dat julle God ken en My ken, die Een wat gestuur is.”
    Ewige lewe lê in die kennis van wie God is. Ons is belemmer — ons verstand is besoedel — deur die vyand, deur omstandighede, deur mense om ons, deur die televisie, deur die wêreld.

    Die eerste Adam

    Die hele wêreld lê in die mag van die bose se sisteem (1 Johannes 5:19). Dit beteken mense se verstand en hele wese is besoedel. Deur een mens het die sonde in die wêreld ingekom, Adam (Romeine 5:12), en toe het dit net een mens geverg — die laaste Adam, Jesus — om dit te verlos.

    Maar die invloed van die eerste Adam op jou en jou natuur het veroorsaak dat jy kon groei in dwaasheid. Jy kon groei in gif. As jy daai gif gevat het wat die wêreld vir jou voer — die begeerlikheid van die oë, sintuiglike kennis — kon jy daarin groei. Jy kon meer toegegee het as ’n ander ou.

    Kinders van God

    Vraag: Hoe maak ons dissipels?

    As Christene verstaan ons die evangelie, en weet ons moet uitgaan en dissipels maak. Maar hoe doen ons dit?

    God is wakker oor Sy woord om dit te volbring.

    God is wakker oor Sy Woord om dit te volbring. Wanneer Hy sê ons moet dissipels maak, sê Hy nie dat ons Sy sake moet verdedig nie — Hy sê wees ‘n getuie.

    Wat ek van hou is: “Wat sê die Woord daaroor?
    In Romeine 1:19–20 staan dat die Woord van God aan alle mense verskyn het. Sy handewerk kan in die skepping gesien word.Byvoorbeeld, as jy ’n boom sien, gaan jy nie die boom aanbid nie, want jy weet iemand het dit geskape. So, as jy die bome, berge en voëls sien — hoekom sal jy dan die voëls aanbid?

    Wat van God geken kan word, is in hulle openbaar, want God het dit aan hulle geopenbaar. As jy glo, weet jy wie die Skepper is. Maar steeds kyk mense na die voëls en die bome en sê net “boom” — daar is alles.

    Titus 2:11 sê: “Want die genade van God wat redding bring, het aan alle mense verskyn.”
    Jy mag dalk sê: nee, Hy het nie. Jy kan sê wat jy wil — dit is wat God sê. En die Heilige Gees is wakker oor daardie Woord om dit te volbring.

    Hoeveel keer het mense nie getuig dat hulle ’n deel van ’n preek of iets onthou het nie — en daardie gedagte praat met hulle. Dis die Here wat hulle lei tot bekering.

    Vrye Wil

    So, gaan kyk wat sê God in die Woord (die Bybel) oor Homself, en dan is die Heilige Gees wakker oor daai Woord om dit te volbring. Ja, jy het jou keuses. Hy gaan jou nie dwing nie. Maar jy sal weet — hier moet ek ’n keuse maak. En daarom kan jy nooit die Here die skuld gee vir die situasie waarin jy nou is nie. Jy het ’n vrye keuse.

    Toe God die wêreld gemaak het, het Hy vir die mens gesê: “Heers oor die wêreld.” Daardie heerskappy is aan jou oorgegee. Daarom lees ons later in Lukas 4:5–6, toe die duiwel vir Jesus versoek, sê hy: “Alles is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.”

    In Romeine 6:16 lees ons dat as jy jouself oorgee aan iemand, dan word jy ’n dienskneg of slaaf van daardie persoon. En dit is wat gebeur het — die duiwel het daardie heerskappy geneem, dit verwring, en deur die mens mislei. Daar het die mens begin steel, slag en verwoes.

    Die wette – die Ou Verbond

    Dan sien ons verskriklike wette soos: “Mense moenie met diere gemeenskap hê nie.” Jy maak nie sulke wette as dit nie gebeur nie. Kyk net hoe het die mens agteruitgegaan.
    Hy sê: mans mag nie met mans slaap nie, vroue nie met vroue nie — moenie dit doen nie, want dit vernietig jou. En so is die wette gemaak.

    Mense het probeer om die wette te onderhou, maar dit was moeilik. Hulle het gesê hulle kan nie. Toe sê die Here: hier is die offerhande — die bloed bedek jou sondes. Dis alles die Ou Testament. As jy gesondig het, bring jy die offer, en jy gaan gelukkig voort. Maar die probleem was aan die binnekant.

    Die Nuwe Verbond

    Daarom het God gesê: “Ek gaan vir julle ’n nuwe hart gee. Ek gaan vir julle ’n nuwe gees in julle binneste gee, en Ek gaan maak dat julle in My verordeninge wandel.” As jy kyk na Jesus, sien jy Hy het presies gedoen wat die Vader wou hê Hy moes doen.

    Net so kan ek en jy presies doen wat die Vader wil hê ons moet doen. En as ons opslip en iets verkeerd doen, dan sê 1 Johannes 2:1 dat ons ’n Voorspraak by die Vader het — Jesus Christus, die Regverdige.

    Ons gaan dit nie perfek doen nie. Maar ons gaan aanhou groei na die beeld van Christus. Deur kennis groei ons — ons sal nooit volmaak wees soos Jesus nie.

    En deur te groei, word ons meer en meer deel van God se natuur. Hy word deel van ons, en ons deel van Hom. En ons begin die Lig baie duideliker uitstraal na die mense om ons. Hoe meer jy groei in kennis en in genade deur die kosbare beloftes wat jy ontvang, hoe meer kry Christus gestalte in jou. En so word jy al hoe meer liefdevol teenoor jou medemens.

    Bybelverwysings 

    Vraag 1

    Johannes 3:6 (1953-vertaling)
    “Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.”

    Hebreërs 2:11–12
    “Want Hy wat heilig maak en hulle wat geheilig word, is almal uit een; daarom skaam Hy Hom ook nie om hulle broers te noem nie, en Hy sê: Ek sal u Naam aan my broers verkondig; in die midde van die gemeente sal ek U lof sing.”

    1 Johannes 3:1
    “Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Daarom ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.”

    Galasiërs 4:6
    “En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, wat roep: Abba, Vader!”

    Kolossense 1:21–22
    “En julle wat vroeër vervreemd en vyandig van sin was in die slegte werke, het Hy nou versoen, in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel.”

    Johannes 17:3
    “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enigste waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.”

    1 Johannes 5:19
    “Ons weet dat ons uit God is, en dat die hele wêreld in die mag van die Bose lê.”

    Romeine 5:12
    “Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het, en deur die sonde die dood, en die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het—”

    Vraag 2

    Romeine 1:19–20
    “Omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in die werke verstaan en duidelik gesien word — naamlik sy ewige krag en goddelikheid — sodat hulle nie ’n verontskuldiging het nie.”

    Titus 2:11
    “Want die genade van God wat redding bring, het aan alle mense verskyn,”.

    Lukas 4:5–6
    “Toe bring die duiwel Hom op ’n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ’n oomblik tyds. En die duiwel sê vir Hom: Aan U sal ek al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.”

    Romeine 6:16
    “Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte beskikbaar stel tot gehoorsaamheid, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam — óf van die sonde tot die dood, óf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid nie?”1 Johannes 2:1
    “My kindertjies, ek skrywe hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sondig nie. En as iemand gesondig het — ons het ’n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.”

    Dankie vir jou volgehoue ondersteuning! Ons waardeer jou likes, volg en retweets op Facebook, X en LinkedIn. Deel asseblief hierdie pos met vriende en familie.