
Die Heilige Gees in Jou en die Verandering wat dit Bring
In hierdie potgooi: Die Heilige Gees in Jou, word die wonderlike geskenk van die Heilige Gees bespreek, en hoe dit die lewe van elke gelowige kan verander. Die gasheer verduidelik hoe die Heilige Gees die “trooster” is wat deur Jesus beloof is, en hoe dit die persoonlike afrigter en gids in die volle waarheid van God se Woord is. Daar word gekyk na hoe die Heilige Gees ‘n lewensveranderende krag kan wees, wat mense in staat stel om ‘n dieper verhouding met God te hê en sy volheid in hulle daaglikse lewe te ervaar.
Die podcast bespreek ook die belangrikheid van die Heilige Gees se teenwoordigheid in die gelowige se lewe, en hoe die Gees die volheid van vrede en vreugde kan bring. Daar word verwys na verskeie Bybelverse, insluitend Lukas 24 en Handelinge 1, wat die belofte van krag uit die Hoogte bevestig. Die gasheer noem hoe Jesus dit as “voordelig” beskou het dat Hy weggegaan het, sodat die Heilige Gees in die gelowige se lewe kan werk.
Deur die podcast sal jy verstaan hoe die Heilige Gees in jou kan werk om jou te lei, jou te onderrig, en jou in die waarheid te lei. Jy sal ook luister na stories van mense wat die krag van die Heilige Gees in hulle lewe beleef het en wat die veranderinge in hulle ervaring het.
As jy nuuskierig is oor hoe die Heilige Gees in jou lewe kan werk en wat dit beteken om die Gees te ontvang, is hierdie podcast die perfekte hulpmiddel om meer te leer oor hierdie kragtige en betekenisvolle deel van die Christelike geloof.

Transkrip- Die Heilige Gees in Jou
Jy weet hierdie ding oor die Heilige Gees ek wil hê jy moet besef dit is die wonderlikste wonderlikste ding wat kon gebeur het is dat Jesus die weg oopgemaak het sodat jy en ek persoonlik die Heilige Gees kan ontvang.
Miskien klink dit nou nie vir jou so wonderlik nie, miskien klink dit vir jou ver. hoe meer jy openheid gaan hê vir die volkome werk van Jesus christus hoe meer gaan jy sy volheid as geluk in jou lewe ervaar jy gaan volkome vrede meer as wat jy nou het jy sal jy ervaar, dit sal voel of jy vlieg man, regtig ek weet nie hoe om vir jou te beskryf nie maar hoe meer jy verstaan wat die werk van God was in Jesus christus hoe meer sal jy ‘n verwondering neerbuig voor hom. Regtig ek smeer nie heuning om jou mond nie, ek probeer jou nie paai in ‘n ding wat ek self nie glo nie. Ek sê vir jou die Heilige Gees is die een wat Jesus gesê het wat kom en dis die trooster en hy sal jou leer en lui in die volle waarheid persoonlike afrigter.
Kan jy so geleentheid mis? jy kan. Party mense sê daarmee wil ek niks te doen hê nie, want hulle het goed gehoor en hulle het goed gesien en die duiwel het dit aangeblaas en hulle vilias het dit aangeblaas in hulle het gesê daai goed oor die Heilige Gees tale, ek wil niks daarmee te doen hê nie, daai ou dit, en daai ou dat, en hulle vat hierdie gawes – die gawe van profesie, sê die Heilige Gees lei jou en kyk wat gebeur met daai ou? En daai ou is weg ‘n warrelwind storm het hom dood gewaai, ens. Ens.
Al die tyd is die redenasies om jou weg te kry van die werklike waarheid. Ek wil vir jou belowe, belowe meneer, nee ek wil vir jou sê, hierdie is die grootste grootste ding wat kon gebeur. Dis die weg wat Jesus oopgemaak het, sodat die belofte van die Vader na jou toe kan kom.
Dit is hoekom Lukas 24 daar by vers 46 rond sy hy, “julle moet in Jerusalem bly tot dat julle toegerus is met krag uit die hoogte. God se krag. Handelinge 1:8 – dis nou Matheus, Markus, lukas en dan Handelinge, nê? Die handelinge van die kerk, van die apostels, van die Christene. “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, op julle kom en julle sal my getuie wees.”
God, die Heilige Gees op jou, Jesus was nie op hulle nie, toe Jesus met die dissipels was kon hy net op een plek wees, daar in Jerusalem miskien Galilea, nie New-Zeeland nie. in fisiese vorms saam met sy dissipels en hy sê vir hulle dit is voordelig dat ek weggaan, salig is julle wat sien en glo, maar hulle wat nie gesien het nie, en tog glo het, hulle sal geseend wees. Dit is Ek en jy.
Ek hoop jy word opgewonde, dit is joune. Dis jou porsie, dis jou erfdeel, dit wat Jesus voor gesterf het, die testament is waardig, en die testament kan net voltrek word as die testament maker sterf dit is in Hebreërs 7. Jesus sterf hy laat vir jou erfdeel na, jy het die reg op die inwoning van die Heilige Gees in jou, dis jou reg nie wat jy voor moet weg nie, dis jou reg wat Jesus vir jou gegee het. Hy se hier is sy erfdeel.
Die heilige gees in jou, die heilige gees op jou, die heilige gees ewigduurend vervul hy jou, ja, jy kan uitvind hoe word jy gedurig vervul deur die heilige gees, jy kan uitvind, dit is daar Efesieers 5. Spreek onder mekaar met psalms, lofgesange en geestelike liedere met danksegging, as jy daai goed doen dan voel jy sommer opgelig. Het jy al so gevoel? Jy sing saam met mense, jy word so geinspireer, dis vervulling met die Heilige Gees, dis vervulling met die Heilige Gees, en moenie my sommer my afsit en afsny en nie meer luister as jy nie saam stem met een van die stellings nie, man. Ek wil amper se word groot man.
Luister die ding deur ek kan mos nou onmoontlik, in tien minute vir jou die volle omvang van als gee, al sou ek dink ek kon, kan ek nie. Ons is mense, ons leer. So wil jy nie maar openheid hê vir wat ek nog gaan kwytraak nie. Ek het vir jou gese, gaan lees handelinge 19, nou Handelinge 19, wil ek begin by Handelinge 18. Daar was ‘n man hy was hy was magtig in die skrifte, sê die bybel lees hy laaste vier verssies, hy was magtig in die skrifte.
En ek dink dis Aquila in Priscilla wat hom eenkant geneem het, en die woord van God meer noukeurig, aan hom verduidelik het, want hy het net geweet van die doop van Johannes, wat was die doop van Johannes? Markus 1 sê, “Hulle is gedoop met die belydenis van hulle sondes.”
Toe verduidelik hulle vir hom, nee nee nee kêrel, dit werk nie so nie. Dan gaan Handelinge 19 aan, en Paulus kom by Saulus, Hy se het julle die heilige gees ontvang, toe julle gelowig geword het, en hulle sê ons het nie eers geweet van die heilige gees nie. Hy se met watter doop is julle dan gedoop? Hulle se met die doop van Johannes.
Dan se Paulus vir hulle, luister hier die doop van Johannes, dit is nie die doop waarmee ek julle gaan doop nie. Hy se nie presies so nie, maar jy kan dit lees. Hy se – Johannes het wel die doop van bekering, met die doop van bekering, gedoop, met die sonde beleidenes van die mense, Markus 1 se hulle, hulle het hulle sonde belei. Nou, hoor hulle wat Paulis se, nou hoor hulle, en dan se dit, en hy het hulle gedoop in die naam van Jesus.
En toe, hou hy nie op daar nie, wat doen hy? Jy weet baie van ons sal daar ophou, want die ouens mos nou Jesus aangeneem, Jy sal eintlik, baie sal ophou voor hulle nog eintlik gedoop is, dan se hulle “nee jy is nou oraait.” Jy is oraait in God se oe, dit is so, maar jy moet groei. En daar is hulle gedooop in water. Hy stop nie, hy se vir hulle, okay “Kom hier boys”. 19:6 en hy le hande op hulle, en die Heilige Gees het op hulle gekom. En hulle het met tale gesprek en geprofiteer.
Die Heilige Gees in Jou
Nou, voordat jy weghardloop, en se, maar, “gaan jy nou begin, en se ek moet nou in tale praat.” Nee, ek gaan dit nie se nie, ek se dit wat daar staan. En as jy weg hardloop van en so, hardloop maar weg, hardloop maar weg, maar die Heilige Gees sal jou wys, hoe om hierdie wapens, reg te gebruik.
Markus 16:5, van vers 15 af, se hy “Hy wat glo, hy wat glo, en hom laat doop, vir hom sal hierdie tekens volg, vir die wat geglo het, het hierdie tekens gevolg. Watse tekens? Met nuwe tale het hulle gepraat, op siekes sal hulle die hande le, en hulle sal gesond word, duiwels sal hulle uit dryf, as hulle iets doodeliks drink, sal dit hulle niks maak nie. Nou, miskien wil jy niks met daai goed te doen he nie. Dis oraait, dis oraait, se dit vir die Here, se Here Leer my.
Maar ek jou nou se, as jy op ‘n stadium kom, wat jy ‘n sekere spanner, ‘n tool nodig he om ‘n seker moer los te draai, dan kan jy nie daai moer los draai, sonder daai spanner nie, jy kan nie. En dan sal jy die waarde van daai spanner besef.
Nou wat ek vir jou daar deur, jy sal die waarde besef, van duiwel uit drywing, as jy sien iemand is gebind, sy hele lewe lank, en jy kan hom vry maak, dan se jy Here, ek gat hierdie duiwel uit dryf.
Verwysings
New King James Version (NKJV) – Afrikaanse vertaling
Die Heilige Gees in Jou – Ep3.
- Lukas 24:46 – “En Hy het vir hulle gesê, So staan daar geskrywe, dat die Christus sou ly en op die derde dag uit die dood opstaan,”
- Handelinge 1:8 – “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom; en julle sal My getuies wees in Jerusalem, en in al Judéa en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”
- Markus 1:4 – “Johannes het die doop van bekering gepreek, vir die vergifnis van sondes.”
- Handelinge 19:6 – “En toe Paulus hulle hande op hulle lê, het die Heilige Gees op hulle gekom, en hulle het in tale begin spreek en geprofeteer.”
- Markus 16:17 – “En hierdie tekens sal diegene wat glo, volg: In My Naam sal hulle duiwels uitdryf; in nuwe tale sal hulle spreek;”
Dankie vir jou volgehoue ondersteuning! Ons waardeer jou likes, volg en retweets op Facebook, X en LinkedIn. Deel asseblief hierdie pos met vriende en familie.