Skip to content

PUGN Stigters

Piet

Piet

Toegewyde Evangelis en Onderwyser

Piet is in Volksrust gebore, maar het op ‘n jong ouderdom Harrismith sy tuisdorp gemaak. Sy lewenspad het hom op ‘n diverse en betekenisvolle reis geneem, en hy het met passie uitgeblink in perdry en visvang.

Ná sy matriek aan Harrismith Hoërskool het Piet sy roeping as Christen ernstig opgeneem en sy lewe aan die Here toegewy op die ouderdom van 18. Hy het daarna sy diensplig voltooi en verder in onderwys opgelei, wat hom in die rigting van jeugwerk en bediening gelei het.

Gedurende sy loopbaan het Piet ‘n groot impak gemaak as onderwyser, evangelis, en gemeenskapsleier – veral in gemeentes in Pretoria en by die veldskole waar hy 15 jaar van sy lewe gewy het aan die geestelike groei van jongmense.

Piet het ook ses jaar in Malawi spandeer, waar hy aktief betrokke was by gemeentes en het gehelp om nuwe bedienings te stig en die evangelie uit te dra in uitdagende omstandighede. Sy toewyding aan Bybelstudie en die verkondiging van die evangelie is sy hartsbegeerte, en hy is veral bekend vir sy inspirerende prediking op straathoeke en sy lesings oor die evangelie in Harrismith.

Met sy musiek, jare se ondervinding in onderrig en bediening, en sy visie om die Woord van God na al die uithoeke van die wêreld te bring, is Piet ‘n geliefde mentor en ‘n bron van inspirasie vir baie.

Linda

Linda

Geestelike Inhoudskepper

Linda is in Pretoria gebore as die middelste van drie susters, maar haar hart was altyd in die bosveld, waar sy by haar ouma en oupa op die plaas groot drome gedroom het.

As jongmeisie het sy reeds haar roeping as mamma en juffrou helder gesien, en op 16 het sy haar hart aan Jesus gegee, wat rigting aan haar lewe gegee het.

Na haar studies by Pretoria se onderwyskollege het sy en haar lewensmaat, Piet, hul pad saam begin stap. Vyf kinders is uit die huwelik gebore, waarvan een dogtertjie op 3.5 weke oorlede is.

Geloof en liefde was altyd hul gesin se ankerpunte. Linda het lank in Waterval-Boven ‘n speelgroep en later ‘n privaatskool bedryf, wat haar liefde vir onderrig en omgee vir jong lewens verder versterk het.

In later jare het Linda en Piet as sendelinge na Malawi gegaan, waar hulle die evangelie versprei en betrokke was by skole en kerke. Met haar kinders reeds uit die skool, het Linda haar passie vir onderrig en gemeenskapsdiens op ‘n dieper vlak begin uitleef.

Vandag lê haar hart sterk by mense in nood. Sy droom daarvan om skuiling en ‘n veilige hawe te skep vir mense wat op straat leef en swaarkry. Linda is ‘n passievolle tuisteskepper, lief vir tuinmaak, kosmaak, beoefen kuns en musiek en is gemotiveerd om mense te sien groei in hul skeppingsdoel.

Kom Ons Ontmoet Mekaar Piet: +27 73 475 9110 26b Milner Straat, Harrismith. 9880

Sluit by Ons aan op Sosiale Media